Hrco Potgooi Preke

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 244:12:30
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Commanded to Love Commissioned to GoBeveel om lief te hê, afgevaardig om uit te reikHarvester vervul die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)

Episodios

  • Hoekom is ons samelewing so AGGRESSIEF?

    07/03/2023 Duración: 33min

    https://hrco.co.za/preke/hoekom-is-die-mensdom-so-aggressief/

  • Profetiese Rigtingwysers in tye van Onsekerheid

    30/01/2023 Duración: 34min

    In hierdie onsekere ekonomiese tye is ons almal bekommerd oor die toekoms.  Ons is letterlik seker van niks nie.  In die laaste dekade is al die fondamente van ons moderne samelewing geskud: Klimaatverandering en gevolglik meer uiterse droogtes en vloede; die 2008 Bankkrisis met reuse finansiële instellings wat oornag in duie stort; die 18 maande inperkings van Covid 19 en geliefdes wat skielik van ons weggeruk is sonder dat ons hulle fisies kon groet, oorlog in die Oekraine met skynbaar geen einde in sig nie, op ons tuisfront is ons uitgelewer aan beurtkrag en soms gepaardgaande water tekorte, asook landswye swak dienslewering.  Staatskaping en politieke onstabiliteit laat elke belastingbetaler wat moet swoeg en sweet vir oorlewing se bloed kook!!   Die werklikheid is ook, dat daar geen kitsoplossing vir hierdie probleme nie.  Is ons hulpeloos uitgelewer aan hierdie omstandighede of het ons as gelowiges insig of enige ander perspektief op die wyse hoe die mensdom tans ontwikkel?

  • Wandel in die Gees - toegang tot die Genialiteit van God

    26/01/2023 Duración: 26min

    In die OT was die fokus op wetsonderhouding, in die NT is die fokus op “wandel in die Gees”.  “ Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” Gal 5:16 Telkemale lees mens hoe die apostels en eerste gelowiges in/deur die Gees natuurlik bonatuurlike dinge vermag het.  Leer in hierdie boodskap om ook meer deur die Heilige Gees beheer te word.

  • Nie alle goed is GOED vir jou nie!

    16/01/2023 Duración: 46min

    DIe groot misleiding van GOED genoeg.  Jesus skok ‘n goeie, welvarende, wetsgehoorsame jongman wat voor Hom op sy knieë val en vra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. (Mark 10:18)   #misleiding #goed #beter #beste #gehoorsaamheid #waarheid

  • When in War, Create

    09/01/2023 Duración: 48min

    Depressed and Anxious, do something creative with your hands.

  • Spesiale Aanlyn Belewenis

    25/12/2022 Duración: 44min

    Ons vier die geboorte van Jesus Christus ons Heer, en Verlosser!   Wat is die Ware gebeure rondom Jesus se Geboorte? Wanneer ons Jesus in menslike konteks reg sien en verstaan, word die bonatuurlike wêreld meer toeganklik.  Hoe meer ons onsself inleef in die normale menslikheid van die gebeure rondom Jesus se geboorte, hoe meer werklik word Sy bestaan, en word ons geestelike oë geopen tot die realiteit van hoe bonatuurlik menslik Hy vandag nog in ons lewens werk. 

  • The SURRENDERED Life

    19/12/2022 Duración: 40min

    Laaste samekoms vd Jaar in persoon.  18:00 Blommekerk  Kom beleef en word gevul met Sy teenwoordigheid in ons saamwees! Welkom ook om AANLYN deel te neem!!

  • 10 Koninkryk van God beginsels wat my hoop gee vir die toekoms.

    05/12/2022 Duración: 01h20s

    Iemand vra my onlangs: "Wat gee jou hoop op hierdie tydstip in Suid Afrika en die Wêreld?" My HOOP is in Jesus! Maar dit is te simplisties gestel. My hoop is in JESUS se manier van LEEF!! Jesus preek en leef 'n filosofie van REGLEWE wat deur die eeue die toets van tyd deurstaan het!  Sy manier van dink, handel en ingesteldheid is die beste manier om te leef, en deur die dramas van die lewe sterker anderkant uit te kom.

  • Die lewe is LIEFDE

    21/11/2022 Duración: 42min

    God se liefde vir ons, en ons liefde vir mekaar is die somtotaal van die lewe.  Dit is vervat in die groot gebod.  Die opsomming van die hele wet volgens Christus.  As ons God lief het met ons hele hart, siel krag en verstand, en ons naaste soos onsself word die lewe 'n lied, 'n simfonie van goddelike heerlikheid hier op aarde!

  • Hoe Hanteer ek TRAGEDIE in my lewe?

    14/11/2022 Duración: 43min

    Ons lees gewoonlik die boek Job wanneer dit met ons baie sleg gaan.  Maar die boek gaan nie net oor hoekom slegte goed met goeie mense gebeur nie, dit beantwoord die groot vrae oor die lewe: Bestaan daar 'n satan, en hoekom? Wie is God regtig? Wie is ek regtig?  Hoe kan ons hoop hê vir 'n beter toekoms?

  • Alles is tevergeefs... alles kom tot niks. Preekreeks #1

    06/11/2022 Duración: 34min

    Daar kom 'n tydstip in elkeen se lewe, waar ons die lewe nugter in die oë moet kyk.  Die boek prediker dryf hierdie nugterheid tot op 'n spitspunt.  Hy vra al die moeilike vrae.  Hy ondersoek elke motief en rede vir bestaan.   Wat die prediker se skrywe mees besonders maak, is hierdie vrae word nie net filosofies gevra en beredeneer nie, hierdie vrae word fisies uitgeleef! Salomo het fisies hierdie perspektiewe op die lewe getoets en deurleef.  Hy is pessimisties eerlik en gebruik nostalgiese donker skaduwees om die gesig van God te skilder. Elkeen beleef 'n tydstip in ons lewe waar die duisternis van teleurstelling en die trauma van ons verdriet ons juis nader aan God bring, of weg laat deins in bitterheid en woede.  Jy kan bloot nie verder 'n outomatiese robot bestaan volvoer nie! Soos in die Matrix film, moet jy 'n besluit neem om die Rooi pil te sluk! Die pil van ontwaking tot die Waarheid!

  • The Peace that God Gives

    24/10/2022 Duración: 23min

    Only the products of the highest value are counterfeited.   It takes skill and effort to produce a counterfeit.  Professional counterfeiters are always looking out for the products in the highest demand, so they can reap the market benefits.  The devil is not a creator; he is the father of lies. He specializes in counterfeiting! He has manufactured thousands of 'same-same but different' illusions of peace that do not last, nor does it have God's authorization.   Learn and awaken to the PEACE that God gives!!

  • KEN JOU VYAND Weet Die Kerk Nog Nie Wie Haar Aardsvyand Is?

    03/10/2022 Duración: 52min

    Die Judeo-Christen denke en lewensstyl is sedert die begin van tyd in stryd met die slang – ‘n argetipe van vertwyfeling in wat God sê.  Hierdie stryd hou op aarde nooit op nie.    Vandag nog vra meer en meer mense, “Het God regtig gesê?” Is daar regtig ‘n hemel en ‘n hel, en ‘n hiernamaals? Is die Woord van God, regtig waar en betroubaar? Het Jesus regtig bestaan en opgestaan uit die dood? Is die God van Abraham, Isak en Jakob, die enigste ware God? Is homoseksualiteit sonde?   Die VYAND van VERTWYFELING bleik al hoe meer grondgebied in ons harte te wen…   — If any of you lack wisdom, let him ask of God, that giveth to all men liberally, and upbraideth not; and it shall be given him.  But let him ask in faith, nothing wavering. For he that wavereth is like a wave of the sea driven with the wind and tossed.  For let not that man think that he shall receive any thing of the Lord.  A double minded man is unstable in all his ways. (James 1:5-8)   T

  • Meer as OORLEWING

    25/09/2022 Duración: 29min

    Daar is ver meer in stoor vir die kind van God, as om net te oorleef! Dit is so dat baie mense geestelik dood is, en nie eers weet wat hulle mis nie.  Tragies egter is die talle kinders van God wat nooit die volle erfporsie, krag en skeppingsdoel wat in Christus se geregtigheid opgesluit lê ooit in besit neem nie! Ons oorleef soos weeskinders van die krummels wat van die tafel af val! Die Siro-Fenisiese vrou Mark 7:24-30 Die Kanaänitiese vrou Mat 15:21-28 Deur REG TE GLO ontsluit jy HEMEL op AARDE!

  • Wanneer oorlewing skadelik raak.

    18/09/2022 Duración: 44min

    Krisisse vra nie 'n adres nie.  Die skielike dood van 'n geliefde, of kind. Die ontrouheid van 'n  lewensmaat. Die biopsie uitslag van kanker. Oeste word deur die wind verwoes, terwyl jou buurman se vrugte ongeraak aan hulle bome hang. Die bietjie wat jy gedink het jou gaan deurdra is ook nou

  • Wanneer die Here STIL is.

    12/09/2022 Duración: 42min

    Andrew Peterson se liedjie "the silence of God" praat met mens se hart, oor die rou oomblikke waar God ons gebede en versugtinge antwoord met stilte. Hierdie juk is sag, maar die las is bitter swaar.  Hoekom voel dit soms asof God gans afwesig is?  Ons weet Hy is alomteenwoordig, en altyd DAAR,

  • NAGMAAL - 'n Triomfmaal van Goddelike Gemeenskap.

    04/09/2022 Duración: 39min

    Die aards vaders, Abraham, Isak en Jakob se seuns was selfregerende grond baronne.  Hulle slawerny onder die Egiptenare staan in donker en skreiende kontras met hulle eertydse glorie as onafhanklike alleenheersers.  Daarom toe die Jode deur ‘n bonatuurlike goddelike ingryping

  • Vestig 'n DEUGSAME Kringloop In Jou Lewe

    29/08/2022 Duración: 43min

    As daar bose kringlope is waarin mense vasgevang raak, dan is daar ook siklusse wat deugsaam, gesond en goed is vir ons! Inteendeel gesonde en geestelike sterk mense se lewe is gegrondves op DEUGSAME gewoontes.

  • Breek die BOSE KRINGLOOP in jou LEWE

    22/08/2022 Duración: 53min

    Ons is die produk van ons gewoontes! Daar is goeie en slegte gewoontes. Ons gewoontes bekragtig ons IDENTITEIT, wie is ek! Ons is tans besig met 'n 50dae "verbeter jouself" fokus. Sommige is al besig met nuwe goeie gewoontes, en al sterk op pad na 'n NUWE JY! Ander voel

  • Sosiale ENTROPIE en die ROL van die KERK

    15/08/2022 Duración: 48min

    In eenvoudige terme meet entropie die hoeveelheid wanorde in 'n sisteem.  Entropie neig altyd om toe te neem: 'n Huis neig om te verval en moet in stand gehou word. Dinge by 'n hoë energietoestand neig om na 'n laer energietoestand te beweeg. Die son brand uit. Erosie maak

página 6 de 17