Sinopsis
Commanded to Love Commissioned to GoBeveel om lief te hê, afgevaardig om uit te reikHarvester vervul die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)
Episodios
-
Die samekoms van Gelowiges vanuit n REGERING perspektief
24/09/2023 Duración: 01h24minTerwyl Daniel voor die magtige maar ook wrede Koning Nebukadneser verskyn verklaar hy:"Sy koninkryk is n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!" (Dan 4:3) God se Koninkryk is n onverganklike ewige (Ps 145:13) onwankelbare (Heb 12:28) en REGERING. Die regerings van die mens is tydelik en wispelturig, gebaseer op die arm van die vlees...#Regering #Onwankelbaar #Versterking #Barmhartiging #Mandaat #Vrede #Reformasie #Hemels #Koninkryk
-
Die Kerk as SOUT en LIG in 'n toksiese wêreld
04/09/2023 Duración: 55minDie wêreld wat ons bewoon is belaai met morele verval en geestelike duisternis. Ons is opdrag gegee om die sout en lig in hierdie wêreld te wees. Jy is in die wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Sout was in antieke tye gebruik as bemesting in grond om plante beter te laat groei, en op ontlasting hope om kontaminasie en verspreiding van gevaarlike organismes te keer. Ons is dus God se AGENTSKAP in hierdie Wêreld om die verspreiding van immorele, anti-christus, verwoestende idees, woorde en dade te keer. Asook ’n gesonde leefwyse van geregtigheid te laat floreer. Leer hoe elke saligspreking in Mat 5:1-12 'n slag van goddelike genialiteit is om morele verval te keer en geregtigheid te laat seëvier. https://hrco.co.za/sermons/the-church... #NuweLewe #InChristus #Waarheid #Geregtigheid #Heilig #Anders #Standaarde
-
Discover Your Divine Destiny: Unveiling Your Role in Christ's Spiritual House
03/09/2023 Duración: 45minIn the midst of the relentless pressures exerted by society, it's all too common to feel compressed and molded into shapes that don't truly reflect who we are. Just like trying to fit square pegs into round holes, we often find ourselves attempting to conform to norms and regulations that don't align with our values and beliefs. The prevailing sentiment is that a sense of disconnection, confusion, and disorientation prevails. Amid this search for genuine purpose and significance, we often traverse misguided paths, seeking fulfillment in all the wrong corners of life. Much like wanderers without a homeland, citizenship, community, or family, we all share the feeling of being adrift. It's as if we're seeking a place to belong, yearning for an anchor that secures our identity in a rapidly changing world. Here is the GOOD news!!! YOU HAVE A HOME!!!
-
Jesus Christus IN en ONDER julle!
14/08/2023 Duración: 51minJare gelede voor ’n mannekamp op Gobabis, vertel ’n paartjie vir my hulle slegte belewenis toe hulle vir ’n paar maande ’n sendeling gesin in hulle huis geneem het. “soos ek hier sit weet ek nie eers of ek ooit gered is nie!” Vertel die vrou onder trane. Die man rook pyp… hy is van die begin af verdoem, want ware kinders van God rook nie! Niks wat hulle gedoen het was reg nie. Van die wyse hoe hulle, hul kinders opvoed, tot hoe hulle kos maak. Terwyl ek hulle storie hoor… soek ek in my gees antwoorde… en begin saggies bid: Here hoe maak ons wat hier gebeur het reg? Sekerlik het hierdie sendelinge hulle bes probeer doen, en geglo hulle help. “Sommige mense probeer hulle weergawe van Jesus in mense forseer, in plaas daarvan om dié Jesus wat alreeds daar is te laat na vore kom” Ek het nog nooit hierdie sinnetjie gelees of van gehoor nie! Hierdie perspektief het egter my lewe en bediening verander!! Kom hoor more meer oor hierdie onderwerp: “Christus in/onder julle die hoop op Heerlikheid” (Kol 1:27) Serm
-
Haal jy God se Standaard van REG lewe?
31/07/2023 Duración: 34minSonder standaarde sou die alledaagse lewe wat ons ken eenvoudig nie werk nie. Standaarde is nodig om veiligheid, betroubaarheid en interoperabiliteit te verseker, van tegnologiese toestelle tot kantoor en huishoudelike items tot dienste wat die wêreldekonomie aanvuur. Sonder internasionaal aanvaarde standaarde sou daar geen vertroue in die globale voorsieningsketting van goedere en dienste wees nie. God het egter eerste aan die mens STANDAARDE gestel - die Bybel is ’n versameling van God se standaarde van REG lewe! Jesus waarsku telkens wat sal gebeur as ons nie GOD se STANDAARDE handhaaf en daarvolgens leef nie! Kom LEER in die hierdie Boodskap van JESUS SE GESKENK VAN GEREGTIGHEID wat ons instaat stel om volgens Sy wil reg te lewe. Die evangelie boodskap stel nie net die REGLEEF standaarde nie, maar bemagtig ons ook om daarvolgens te leef. Die Woord, en die Heilige Gees saam met die Liggaam van Christus word dan ook ’n objektiewe toets meganisme om te sien of ons wel volgens God se Standaard Reg l
-
Die liefde van Jesus bo alles
24/07/2023 Duración: 35minHierdie week ontdek ek Jesus Image, die kerk van Michael Koulianos in Orlando VSA en word diep geraak deur hulle onpretensieuse alleen fokus net op die allesgenoegsaamheid van Jesus Christus! Terwyl ek luister na Holy, Holy, Holy are you Lord ( • Holy Are You Lord... ) word ek herinner aan my eerste liefde JESUS, hoe Hy ’n bleek gewone eenkant seuntjie van 13 aanraak en deelmaak van Sy buitengewone familie van Radikale Gelowiges en Heiliges! Mag ons weer en weer van vooraf VERLIEF raak op Jesus ons Here en Meester, Vriend en Vertroueling! JY IS WELKOM OM SAAM MET ONS JOU LIEFDE VIR JESUS TE KOM VIER! Sondae Dienste Clanwilliam 9:30 Blommekerk Citrusdal 17:00 Pomario Privaat Skool PREEKNOTAS: https://hrco.co.za/sermons/to-love-je...#JesusAlleen #JesusChristus #JesusSentreerd #JesusIsHere
-
Vind Jou Geluk in Eenwording met die Here
20/07/2023 Duración: 50minTEMA: Floreer in die blywende GELUK van ons eenwording IN Christus ons Here. Hoe lyk ware geluk werklik? Is dit iets vlugtigs wat kom en gaan flietend soos ons gemoedstoestand verander, of is dit iets meer blywends? Ons leef in 'n paradoksale wêreld waar die lande met die hoogste gelukindeks ook die hoogste selfmoordsyfers en gebruik van antidepressante het. Dit bring ons by ’n fundamentele vraag: Wat is die aard van ware GELUK? Word dit gevind in die opeenhoping van rykdom, sukses en wêreldse genot? Is geluk te vind in ’n nuwe huwelik, ’n sekere beroepstatus, of die perfekte figuur? Bring jou vriende, familie, en geliefdes om saam te deel in hierdie GELUK-vervulling-en-innerlike-vreugde wat Jesus ons bied deur in SY GEREGTIGHEID te lewe! Ons sien uit daarna om jou te verwelkom en om saam in die viering van ons eenwording met die Here te wees. Sien jou daar!
-
Die Eenvoud van die Evangelie
09/07/2023 Duración: 41minTydlose relevansie te midde van moderne verwarring. Voel jy verlore in vandag se komplekse godsdienstige en filosofiese landskap? Wil jy 'n pad na geloof vind wat eenvoudig en maklik is? Ons almal smag na 'n manier om sin te maak van die swaarkry in die lewe. Wat as daar 'n pad na ware betekenis en vervulling is wat eintlik redelik eenvoudig is? Die goeie nuus is, daar is ’n WEG! ONTVANG & GLO die eenvoudige evangelie; 'n reguit benadering tot Christenskap wat duidelikheid en hoop bring aan diegene wat 'n dieper betekenis in die LEWE soek. Geïnspireer deur Dr. Peter Kreeft se insigte uit sy boek "Tussen Allah en Jesus," sal ons delf na die skoonheid en betekenis van die primitiewe, eenvoudige, tydlose evangelie in die aangesig van post-moderne agnostisisme en ’n groeiende Godlose samelewing. Sermon Notes in English: hrco.co.za/sermons/the-simple-gospel/ #BackToBasics #Eenvoud #Nugterheid #Fokus #Sekerheid #Ankers #Fondamente #Tydloos #Waarheid
-
Van Woestyn na 'n Tuin
03/07/2023 Duración: 44minOns nooi jou hartlik uit om te kom deel in Christus se Liggaam, familie, gesin en gemeenskap van gelowiges. Ons is in die GEES een met mekaar, maar daar gebeur iets baie spesiaal en uniek wanneer ons bymekaar kom, die Here saam loof, saam hoor en luister ingestel op die Heilige Gees, mekaar bemoedig en versterk en vol word van Sy Woord! #gemeente #familie #gesin #liggaam #saamwees #eenheid
-
19/06/2023 Duración: 40min
Op hierdie Vaderdag wil ons 'n bemoedigende gedagte met julle deel oor die belangrikheid om te verstaan waarom valse oordele skadelik kan wees. Selfs in ’n gesin, tussen ’n pa en sy kinders. Valse oordele is dikwels gebaseer op vooroordele, stereotipes, en selfs gerugte. Dit kan lei tot onregverdige behandeling van mense en veroorsaak dat ons nie die ware waarde en potensiaal in ander sien nie. Hierdie VOOROORDELE breek gemeenskappe af en verhinder ware verhoudings en verdraagsaamheid. Ons Vader in die hemel, wat ons as 'n liefdevolle Vader ken, het ons geleer om regverdig en liefdevol te wees teenoor ander. Op hierdie spesiale dag waar ons die Here dank vir ons Vaders, nooi ons julle uit om saam met ons te kom en te leer oor die skadelike gevolge van valse oordele en hoe ons ons verhoudings kan verbeter deur 'n regverdige, liefdevolle en oop hart te hê. Ons gemeentefamilie is 'n gemeenskap van mense wat strewe na 'n dieper begrip van mekaar en liefde vir die Here. Ons sien daarna u
-
-
Fluister - Hoe om God se stem te onderskei.
05/06/2023 Duración: 27minFluister - How om God se stem te onderskei. In sy boek "Whisper" ondersoek Mark Batterson die diepgaande belangrikheid daarvan om te leer om die stem van God te hoor. Hy begin deur die Tomatis-effek te beskryf waar Dr Tomatis uitgevind het dat opera sangers hulle vermoë verloor om te sing as gevolg van doofheid. - Jy kan net praat dit wat jy hoor! Ons leef in tye van oorweldigende GERAAS vasgevang in ’n krisis van morele verval - Die enigste manier uit die doolhof van te veel stemme, invloede, opinies en false geloofsoortuigings is die “SAGTE STIL STEM”van die Heilige Gees in Christus! Verfyn jou luister vaardighede en hoor die mees belangrikste Stem in jou lewe! Notas: https://hrco.co.za/sermons/hearing-th...#Stilte #Fluister #Aandag #Fokus #Diepte #Besluite #Rigting
-
29/05/2023 Duración: 23min
“Die Uitstorting vd Heilige Gees” Hoe die Here van ’n bang Petrus wat Jesus verloën ’n kragtige getuie gemaak het. (Hand 2) Die Handelinge 2 - UITSTORTING vd Heilige Gees gebeurtenis word die eerste kontak punt met die KRAGSTASIE van die KERK. Wanneer gewone diverse mense van byna elke klas en kleur inprop by hierdie BONATUURLIKE kragbron verander hulle na KRAGDADIGE VREESLOSE ONGEVEINSE getuies van JESUS IN MY die HOOP op HEERLIKHEID! Kom word HERLAAI en BEKRAGTIG in die GEES!! https://hrco.co.za/preke/die-uitstort... #Pinkster #Pinkstererfenis #Kragdadigheid #Bonatuurlik #Buitengewoon #Vreesloos #Getuie #InnerlikSterk #Kragbron
-
5 Maniere om Boodsheid te Oorwin
22/05/2023 Duración: 30minDie wêreld raak al hoe meer boos! So baie mense is vasgevang in die strik van die Duiwel om Sy wil te doen. 2 Tim 2:26 …Hulle besef dit nie eers nie… Hoe kan ons vry bly van die duiwel se valstrikke en oorwin teenoor boosheid, ongeregtigheid, verkeerd en verwoesting?
-
Siege the Gates
15/05/2023 Duración: 30minIn 'n tyd waarin dit makliker is om deur vrees, twyfel, en apatie oorweldig te word, daag Jesus se tydlose woorde in Matteus 16:18 ons uit om op te staan en die hekke van die HEL aan te val en ons familie en vriende wat deur die mag van satan vasgevang is te gaan bevry! “Op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.." Matteus 16:18. Hierdie Skrif bevestig dat wanneer ons ons geloof kombineer met radikale dade van verlossing daar geen beperking is tot wat ons kan bereik nie. #boldness #radikaleGeloof #Aksie #Verlossing #Bevryding #Onverskrokke #Vreesloos #Deurbrake #Oorwinning Ons onthou ook die ONVERSKROKKE Heldinne van die Geloof op MOEDERSDAG - Ester, Debora, Rut, Prescilla, Joan of Arc, Moeder Teresa, Corrie Ten Boom!
-
-
The Full Spectrum of LOVE
23/04/2023 Duración: 44minSermon Series #1 Abiding in the Throne-Room Love is the ONLY way to sustain LIFE and live a meaningful life. Life without LOVE is HELL. By remaining in HIS LOVE we experience continual Heaven on Earth. https://hrco.co.za/sermons/the-full-s...#LoveIs #TrueLove #Love #JesusChrist #GodIsLove #LoveTest #AbideInHim
-
Die Gekruisigde Lewe
11/04/2023 Duración: 40minJesus het 'n lewe van selfverloëning geleef lank voor Sy kruisiging. Hy het Sy aardse feilbare ouers gehoorsaam tot Hy 30 jaar oud was. Hy het verkies om as 'n ambagsman Sy bestaan te maak eerder as om 'n priester, fariseër, skrifgeleerde of deel van die godsdienstige elite - Die Sanhedrin te word. Hy het gekies om in die klein berugte dorpie Nasaret te bly, eerder as in die weelderige Sephoris of Tiberius. Hy het min wonderwerke gedoen gedurende hierdie vroeë jare en het geen ambisie gehad om bekend te word voordat die tyd reg was nie. LEER hierdie Paasnaweek die geheim van die OPSTANDINGLEWE in JESUS CHRISTUS… #surrender #selfabondonment #selfloos #selfforgetful #contentment #meekness #selfdenial #takeupyourcross #bearYourCross
-
Koninkryk Gereedskap
20/03/2023 Duración: 28minDie Here laat ons nooit WEES te midde van krisis en swaarkry nie. Hy bekragtig ons met Geestelike Gereedskap wat elke moeilike situasie kan ontsluit. Die sleutels van die koninkryk is nie vir ’n vertoon kas nie. Dis ’n hemelse goddelike benadering tot die lewe. Die wat hierdie sleutels gebruik kry die onmoontlike reg! (2 Kor 6:1-10) Sermon NOTES: https://hrco.co.za/sermons/kindgom-to...#Deurbrake #Oorwinning #OopDeure #JesusChristus #Koningkryk
-
Die voordele om ten spyte van LYDING aan te hou om die Here te DIEN
13/03/2023 Duración: 43minIemand vra die vraag: "Hoekom kry die kinders van die Here so swaar?" Waarheid is paradoksaal en 'n antinomie: God is Liefde, maar God is Regverdig. Jesus was volkome mens soos ons, maar Hy was ook God. Die oorvloedsteologie staan in kontras met lydingsteologie, en blyk op geen manier versoenbaar te wees nie. Die een groepering verheerlik voorspoed as die hoogste vorm van spiritualiteit, die ander armoede. In hierdie boodskap word daar deur 10 NT skrifgedeeltes gewerk om te sien hoe BEIDE lyding en voorspoed agente in God se hand is om ons Sy mooiste juwele te maak tot Sy eer! As jy nie regdink oor die lewe nie, kan jy nie reg glo nie en derhalwe nie reg handel nie! Laat die Woord jou denke vernuwe om deur lyding gehoorsaamheid te leer - GELOOF wat dié wêreld te oorwin! NOTAS: https://hrco.co.za/preke/ten-spyte-va...