Hrco Potgooi Preke
Profetiese Rigtingwysers in tye van Onsekerheid
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 0:34:55
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
In hierdie onsekere ekonomiese tye is ons almal bekommerd oor die toekoms. Ons is letterlik seker van niks nie. In die laaste dekade is al die fondamente van ons moderne samelewing geskud: Klimaatverandering en gevolglik meer uiterse droogtes en vloede; die 2008 Bankkrisis met reuse finansiële instellings wat oornag in duie stort; die 18 maande inperkings van Covid 19 en geliefdes wat skielik van ons weggeruk is sonder dat ons hulle fisies kon groet, oorlog in die Oekraine met skynbaar geen einde in sig nie, op ons tuisfront is ons uitgelewer aan beurtkrag en soms gepaardgaande water tekorte, asook landswye swak dienslewering. Staatskaping en politieke onstabiliteit laat elke belastingbetaler wat moet swoeg en sweet vir oorlewing se bloed kook!! Die werklikheid is ook, dat daar geen kitsoplossing vir hierdie probleme nie. Is ons hulpeloos uitgelewer aan hierdie omstandighede of het ons as gelowiges insig of enige ander perspektief op die wyse hoe die mensdom tans ontwikkel?