Hrco Potgooi Preke

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 242:50:04
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Commanded to Love Commissioned to GoBeveel om lief te hê, afgevaardig om uit te reikHarvester vervul die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)

Episodios

  • 02/11/2025 Duración: 27min

    Voel jy geestelik uitgehonger? Dis omdat jy nie net ’n liggaam het nie — jy ís ’n siel. En jou siel kan net versadig word deur die Woord wat lewe bring.“Die mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” – Matteus 4:4Ons vergeet dikwels wat ons lees, omdat ons dit nog nie ingeneem en geinternaliseer het nie. Dis soos om kos te proe, maar nooit in te sluk nie. God se Woord wil nie net in jou oë bly nie — dit wil in jou bloed, jou denke, en jou lewe ingaan!Wanneer jy Sy Woord toelaat om jou te vul, verander jy van binne af:

  • #2 “Heilige Grense - As jy die lyn trek, begin die oorlog”

    28/10/2025 Duración: 29min

    Het jy al agtergekom — die oomblik as jy vir iemand “nee” sê, word jy die slegte ou? Maar selfs God het grense gestel. Grense hou lewe in, en chaos uit.Elke keer wat jy “nee” sê, herwin jy grond wat die duiwel huurvry beset het. Elke grens is ’n geestelike oorlogsverklaring teen wanorde!

  • Heilige Grense - Hoe God die Wêreld Genees deur Tuine van Orde

    28/10/2025 Duración: 43min

    Die meeste mense in die Westerse wêreld hou nie van enige beperkinge nie. Ons wil ons eie lewens lei, op ons eie manier. Grense is nie tralies nie; dit is die randstene van wysheid. Soos sypaadjies 'n pad veilig hou, 'n skildery eers tot sy reg kom in 'n raam, en musieknote jou gemoed streel wanneer dit in 'n bepaalde ritme en akkoord is. Sonder grense raak liefde goedkoop, werk 'n afgod, en plesier leeg. Hierdie generasie wil alles ervaar, vrees om iets te mis (FOMO - "fear of missing out"), met almal vriende wees, plesier najaag en bly lekker voel in die proses.In hierdie preek gaan ons kyk na die belangrikheid van GODDELIKE HEILIGE grense in ons lewens. Ons gaan ondersoek hoe God se grense ons nie beperk nie, maar ons bevry om in sy volheid te leef. Kom ons ontdek saam hoe ons deur die aanvaarding van God se grense, 'n lewe van oorvloed en vreugde kan lei. 

  • Ontwikkel jou Geestelike Sintuie!

    28/10/2025 Duración: 37min

    Die wêreld hou jou oë, ore en hart besig. Dis likes, shares en eindelose scrolls. Maar diep binne jou, onder al die geraas, lê daar ’n honger — jou gees weet: daar is meer… Nuwe navorsing wys wat antieke geloof nog altyd geweet het: dat ons gebou is met ’n bewussyn vir die ewige — ’n ingeboude verlange na sin en betekenis, vryheid en eenwording met God. En tog, in ons moderne wêreld, raak daardie geestelike sintuie afgestomp. Ons hoor, maar luister nie. Ons kyk, maar sien nie.Ons sing, maar voel nie meer nie. Hierdie Sondag ontdek ons saam hoe om weer daardie innerlike sintuie te herkalibreer — Ons gaan leer om Hom te sien, hoor, proe, ruik en voel — met die oë van die hart, die ore van die siel, en die aanraking van die Gees. Hierdie boodskap gaan jou help onderskei tussen emosie en openbaring, tussen die “gevoel van iets” en die werklikheid van Iemand — die Drie-enige God wat sigbaar word vir diegene met geopende oë. #Openbaring #Herlewing #Verkwikking #Vernuwing #GeestelikeDiepte

  • Herlewing-'n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike Welsyn

    28/09/2025 Duración: 35min

    Herlewing—’n Godgesentreerde Raamwerk vir Ware Menslike WelsynHERLEWING, VERNUWING, TRANSFORMASIE, VERANDERING, NUWE LEWE! Ons hoor gerugte en getuienisse van HERLEWING regoor die aarde, soos mense terugkeer na die Here toe!! Ons vervang die TEENWOORDIGHEID en INSPRAAK van die Heilige Gees so maklik met videogrepe, prentjies en inspirerende woorde hier en daar… terwyl Hy wag om ons TE VUL met Sy HEERLIKHEID! “Lord Whatever You’re doingIn this seasonPlease Don’t do it without medo it without me”Herlewing is nooit net ’n emosionele hoogtepunt of ’n kerkdiens wat langer aanhou nie. Dit is ’n kollektiewe openbaring—’n hele gemeenskap wat die erns van sonde erken, in berou terugkeer, en weer die ou paaie van toewyding aan God begin loop.Notas: www.harvestercederberg.co.za/herlewing-n-godgesentreerde-raamwerk-vir-ware-menslike-welsyn/Let us pray that He would find us WORTHY to impart His glory and grace as we empty ourselves to be filled with His Glory. #herlewing #vernuwing #nuwedinge #nuwelewe #ontwaking #transfo

  • DIE OORLOG TEEN VALSE PERSEPSIES

    14/09/2025 Duración: 46min

    Jesus het na 40 dae van vas en versoeking in die woestyn teruggekeer, in die krag van die Gees. Sy eerste stop? Sy eie tuisdorp, Nasaret. Daar het hulle Hom eers bewonder vir die “genadevolle woorde” uit sy mond… maar ’n oomblik later wou hulle Hom van die krans afgooi (Luk. 4:14–31).

  • Verslaan die draak deur HEILIGMAKING en NAASTELIEFDE

    24/08/2025 Duración: 47min

    'n verklarende skrifuitleg verduideliking van 1 Petrus 1:13-25Ons leef in ’n wêreld vol storms:Suid-Afrika staar 30% tariewe op sy uitvoere in die gesig, wat armoede en werkloosheid verdiep.Die oorloë in Israel en Oekraïne ruk die wêreldorde uitmekaar.Christene word brutaal vervolg in Nigerië, Iran en Sirië.Hier by die huis sien ons hoe mense wat hulleself “Christene” noem, maar God nie ken nie, net geld, plesier, status en eiebelang jaag. Huwelike word leeg, siektes neem toe, en miljoene voel vasgevang in wanhoop en vra: Waar is God?En tog, juis in só ’n wêreld laat die apostel Petrus sy stem hoor. Hierdie man wat Jesus verloën het, wat oorhaastig die oor van Malgus afgeslaan het, wat by die verheerliking tempels wou bou skryf nou – deur die Gees – met diepte, wysheid en gesag. Sy boodskap: daar ís hoop, daar ís ’n onverganklike erfenis wat nie gesteel of vernietig kan word nie (1 Pet. 1:4).

  • Die oorwinning is 'n WEG

    17/08/2025 Duración: 45min

    Ons almal soek daardie geheime resep vir sukses – die kortpad wat al ons probleme oplos. Maar die waarheid is: daar is nie een “magiese sleutel” vir elke slot nie. Die lewe is te kompleks. Tog belowe God: daar is ’n weg – ’n pad wat na lewe lei.Moses bid: “Here, maak my tog U weg bekend, dat ek U kan ken” (Eks. 33:13). En uiteindelik openbaar Jesus daardie weg volkome: “Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe” (Joh. 14:6). Hy is nie net die gids wat vir jou wys nie – Hy ís die pad self.Kom ontdek saam met ons hoe God Hom nie as ’n standbeeld wys om net te bewonder nie, maar as ’n lewenspad om op te loop. ’n Pad van liefde, waarheid, geregtigheid en oorvloedige lewe.Bring jou familie en vriende. Hierdie boodskap gaan jou wys hoe om ingestem te word op die frekwensie van die hemel – en lewe te ontvang wat jou en jou wêreld verander!

  • Die Krag van die Evangelie-Sy vermoë om te kán.

    10/08/2025 Duración: 41min

    Voel jy leeg, moeg of vasgevang? Jou foon het battery nodig, jou motor brandstof—en jou siel het geestelike energie nodig. Depressie, angs, moedeloosheid en self-kritiek is energie-rowers.Maar die Evangelie skaam jou nie-dit dra jou."Want ek skaam my nie oor die evangelie vanChristus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo" (Romeine 1:16). En: "God werk in julle om te wil sowel as om te doen" (Filippense 2:13).Kom luister/lees hierdie boodskap: "Die Krag van dieEvangelie: Sy vermoë om te kán."In hierdie boodskap praat ons eerlik oor die draak wat elkeen van ons in die oë moet kyk-sieke, vrees, verslawing, finansiële skuld, skande of net 'n nuwe vermoë wat jy sukkel om te bemeester. Nie "probeer harder" nie, maar ontvang Sy krag: die Gees wat in jou 'n nuwe wil vorm (Romeine 8:1-4; Galasiërs 5:16-18). Dis nie self-dwang nie; dis Gees-gedrewe-heiligmaking met werklike "horsepower".

  • 06/07/2025 Duración: 47min

    Van die begin af was dit God se begeerte om saam met Sy mense te wees — om saam met hulle te wandel, sodat ons Sy stem sal hoor, en Sy heerlikheid beleef. Maar te dikwels het ons die heilige samekomste van gelowiges vervlak tot blote rituele en vervelige godsdienspleging van sing dieselfde liedjie, preek ’n bietjie, en gee ’n tikkie oor en oor. Dit is tyd om weer honger te word vir die werklike teenwoordigheid van God tussen Sy mense — tyd om die krag, genesing, versoening en vreugde te beleef wat Hy belowe wanneer ons in sy Naam vergader.

  • Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid?

    16/06/2025 Duración: 45min

    Hoe om kop te hou in tye van onsekerheid en geweldadigheid?'n Goddelike OPROEP tot BEKERING!! Nou is die TYD!!! Is jou saak reg met die Here? Is jy gereed? Is jy ’n volgeling van Jesus? Is jy waaragtig ’n kind van die Here? Het jy innerlike VREDE? Die tye waarin ons leef — met oorlog, ramp, morele verval en massasterftes — is nie ‘n tyd vir stilte nie. #eindtye #nuusgebeure #rampe #oorlog #vloede #onrus #oproerigheid #onsekerheid #nuusflitse #tekensvandietye #wederkoms #bekering #

  • Die Alchemis – Hoe Jesus ons gebrokenheid in GOUD verander

    08/06/2025 Duración: 30min

    Ons leef in ’n wêreld wat mal is oor “formules vir sukses.” Van dieetplanne tot beleggingstrategieë, van geestelike oorwinning tot emosionele genesing – oral soek mense na die perfekte geheime resep. in hierdie Eksegetiese oordenking uit 2 Korintiërs 3 & 4 gaan ons leer dat God se WENRESEP - Gehoorsaamheid aan JESUS is! So bid mense dat die Here hulle huwelik of finansies deur ’n towerwoord sal verander… terwyl Jesus Sy heerlikheid in ons harte wil uitstort sodat ons vanuit sy krag en genade REG SAL LEWE. Mag elke mens ontwaak tot die realiteit van die persoon en lewe van Jesus Christus ons Here!

  • Immigreer of nie? Dit is 'n kwessie v.d. HART.

    18/05/2025 Duración: 48min

    Onlangs, tydens Dr. Braam Hanekom se besoek, het hy vermaan dat immigrasie nie maklik is nie en teen ’n groot prys kom. Baie mense kan ook nie immigreer nie… maar ’n groter tragedie is om in RSA te bly, terwyl jy in jou hart alreeds geëmigreer het!Die teendeel is ook hartseer: hoe baie Suid-Afrikaners is tans in vreemde lande, maar hulle hart is eintlik hier! “Want ons weet dat as ons aardse huis, hierdie tentwoning, afgebreek word, ons ‘n gebou van God het, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele. Want in hierdie woning sug ons ook, terwyl ons verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word—… Want ons wandel deur geloof, nie deur aanskouing nie…”As gelowiges is ons ALMAL pelgrims… mense van die WEG… nie mense wat iewers VERTOEF nie. Ons Burgerskap is in die HEMELE! Dit beteken egter nie dat ons hande sit en vou, en wag vir die wegraping nie!! Ons is aangewese AMBASSADEURS om waar God ons ookal plaas SY KONINKRYK en EDEN-wêreld te leef en te demonstreer! Preeknotas:#immigrasie #immigreer

  • Meer as LIEFDE... ingestel om te harmoniseer

    27/04/2025 Duración: 41min

    In ’n wêreld waar mense elke dag nader aan mekaar behoort te leef, voel dit soms asof ons verder en verder uitmekaar dryf…

  • Herdenk die Nagmaal as jou Bevrydingsmaaltyd

    20/04/2025 Duración: 56min

    Die volk Israel, vasgevang as slawe in Egipte. Hulle werk hulleself dood, kry geen respek, geen regte, niks. Toe stuur God vir Moses om hulle uit slawerny te lei. Net voor hulle vry kom, gee God vir hulle ’n spesiale ete: die Pasga. Hulle moes ’n perfekte lam slag, die bloed aan hulle deurposte smeer, en die ete eet soos mense wat reg is om op ’n oomblik se kennis te vlug. Daardie nag beskerm God elke huis met bloed aan die deur, en Egipte sê uiteindelik: “Gaan!”Daardie maaltyd was nie net kos nie – dit was bevryding op 'n bord.Net voor Sy kruisiging hou Hy ook ’n Pasga-maal met Sy vriende. Maar Hy gee dit ’n nuwe betekenis:

  • Die opstanding van Jesus Christus

    20/04/2025 Duración: 45min

    Die opstanding van Jesus Christus was die historiese vonk wat die Jesus-beweging ontbrand het — die begin van die Kerk — en dit bring al byna 2000 jaar lank lewe, geloof en transformasie aan volgelinge regoor die wêreld. Meer nog… die opstandingskrag van die Here gee ons nie net hoop vir die lewe ná die dood nie — dit is ook die morele, heilige, goddelike transformerende krag van God wat nou reeds in ons werk. Dit is die genade van God wat in ons in werking kom wanneer ons aan die einde van onsself gekom het. Die einde van al ons eie geregtigheid, selfverbeteringspogings en vleeslike mensgerigte godsdiens. In daardie plek van total oorgawe, waar ons niks meer het om te bewys nie, begin sy opstandingslewe kragtig in en deur ons werk!

  • WEERSTAAN DIE STORMS van die Lewe in Christus

    06/04/2025 Duración: 35min

    Sedert die COVID-pandemie verander die wêreld teen 'n ongekende tempo. Natuurrampe soos aardbewings, brande en orkane neem toe, terwyl politieke en ekonomiese krisisse wêreldwyd verskerp. President Donald Trump het op 2 April 2025 “Liberation Day” aangekondig met nuwe handelstariewe tot Amerika se voordeel. In Suid-Afrika is daar toenemende spanning oor die moontlike ineenstorting van die Regering van Nasionale Eenheid, uitgestelde begrotingsgoedkeuring en diplomatieke druk van die VSA. Intussen sukkel burgers met beurtkrag, hoë lewenskoste en onsekerheid. Tog gaan die lewe aan—met werk, gesinne en gesondheid as daaglikse prioriteite. Gelowiges bly standvastig, gewoond aan teenspoed en hoopvol te midde van chaos.

  • In verbondenheid met Christus

    30/03/2025 Duración: 50min

    “Om in verbondenheid met Christus te leef, is die hoogste roeping en die diepste vervulling van die menslike bestaan. Hierdie eenwording ontstaan nie deur menslike strewe nie, maar deur ’n selflose oorgawe waarin Christus, deur die krag van Sy opstanding, Sy geregtigheid en Sy lewe in ons openbaar.” “Die uitdrukking ‘in Christus’, ‘deur Christus’ of ‘met Christus’ verskyn meer as 160 keer in die Nuwe Testament — dit is nie bloot ’n teologiese frase nie, maar die absolute kern van die evangelie, die goeie nuus self! Mag die Heilige Gees hierdie heilige geheimenis diep in ons harte, denke, bewussyn en lewensstyl inkerf en anker, sodat ons vas en standvastig kan leef — selfs te midde van ’n wêreld wat al hoe meer onstuimig en donker word.” Notas

  • Die toekoms van n gelowige

    23/03/2025 Duración: 33min

    Wat hou die toekoms vir ons in?  Dis ’n vraag wat in hierdie tyd al hoe meer in ons harte opkom. Daar is vandag geen tekort aan doemprofete nie—mense wat voortdurend die einde van die wêreld aankondig. Soms, as ons luister na die chaos van die nuus, die verwarring van politieke ontleders, en die morele verval in die samelewing, vul ons harte met angs en onsekerheid. En dan wil die wêreld ons nog vertel hulle weet wat kom? Die sogenaamde “toekomsvoorspellers” kan nie eers ’n plaaslike verkiesing reg voorspel nie, maar wil namens ons hoop of wanhoop verkoop. In Rom 13:8-14 gee Paulus vir ons ’n padkaart na ’n vaste en seker hoop en toekomsverwagting. Luister gerus hierdie boodskap om jou siel te versterk in Christus Jesus ons Here!

  • Praktiese maniere om God se stem te onderskei

    09/03/2025 Duración: 40min

    'n era van internet soek enjins en AI maak ons nog tyd om God te raadpleeg? Vra ons na Sy Raad? Soek ons Sy wil? Hoor ons Sy stem? Om God se stem te hoor en te herken, is ’n kernonderwerp in byna elke kerk wêreldwyd. Ten spyte van ons verskille, is dit die diepste rede hoekom ons kerk toe kom—ons begeer om God se wil vir ons lewens te verstaan. Ons wil Hom beter leer ken, Sy hart begryp, en self Sy stem hoor! Dit is nie net ’n aspek van geloof nie, maar die hartklop en middelpunt van ons bestaan as kerk.  Vir die wat ORE HET OM TE HOOR hier volg ’n paar praktiese maniere om God se stem te onderskei, in ’n wêreld van te veel stemme en geraas.

página 1 de 17