Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
‘Help, graad 4 is hier!’
24/04/2026 Duración: 22min“Graad 4 is dikwels ʼn groter aanpassing as graad 1,” sê Unine Laas, Grondslagfasespesialis by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
-
Uitmekaardryf nie einde van huwelik, meen kenner
24/04/2026 Duración: 06minAlle huwelikspare loop die gevaar om mettertyd uitmekaar te dryf, maar volgens ʼn huweliksberader kan dit oorkom word, mits iets ergers nie plaasgevind het nie. Maroela Media
-
‘Kweek van kleins af ʼn lesertjie’
23/04/2026 Duración: 23minMaroela Media gesels met Coralie Vermaak, ʼn spraak-en-taalterapeut en oudioloog, oor die belangrikheid om kinders van ʼn jong ouderdom af aan boeke en lees gewoond te maak. Maroela Media
-
Hettie en Louis Brittz gee hoop vir gesinne in haastige wêreld
02/04/2026 Duración: 13min“God is nie klaar met jou gesin nie, want Hy is steeds besig om dit elke dag te vorm.” Volgens Hettie en Louis Brittz begin dit nie by kitsoplossings nie, maar by wortels van julle verhouding. Die egpaar, wat al meer as drie dekades saam die pad van die huwelik en ouerskap stap, is in Mei terug in Suid-Afrika met nuwe boeke en ʼn vars boodskap van hoop vir elke gesin. Maroela Media
-
Nuwe vryheid as mens, kunstenaar inspireer Elandré
02/04/2026 Duración: 16min“Ek dink ek is dit aan die mense verskuldig om myself so elke nou en dan ongemaklik te maak. Dit maak ʼn mens beter.” Maroela Media
-
Marno speel sonder huiwering met klanke, lirieke
30/03/2026 Duración: 15min“Ek hou van die liedjie, want dit klink anders as wat ek nou skryf. Ek weet nie eers of ek nog só skryf nie. Dit is ʼn hele ander styl.” Maroela Media
-
HelpJag | Bakkies Botha, sportlegendes slaan kolhou vir kosprojek
25/03/2026 Duración: 32sKom luister hier hoe Margolé Riekert, hoof van Solidariteit Helpende Hand se projekte, die hart agter HelpJag verduidelik. Maroela Media
-
Luister | TV-rol verdiep akteur se eie reis met ADHD
19/03/2026 Duración: 36minWaar hy verlede jaar kykers laat bloos het as ʼn sagmoedige spiertier in “Khaki Fever”, hoop die akteur Abel Knobel om nou met sy nuwe rol harte te raak en moontlik groter bewustheid oor AGHS onder volwassenes te skep. Maroela Media
-
Afghaanse vrou: ‘Ek het die God gevind wat my raaksien’
13/03/2026 Duración: 15minHaar man is geskiet, haar vriende het haar heeltemal verstoot en sy moes met ʼn baba uit Afghanistan vlug. Tog sê Zakie* sy het in haar donkerste oomblikke “die God gevind wat my raaksien”. Haar verhaal werp lig op die werklikheid van miljoene Christen-vroue wat wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Maroela Media
-
Alternatiewe kunstenaar bring hulde aan rolmodel
02/03/2026 Duración: 05min“Riku het ʼn baie spesiale plek in my hart, en dit was vir my belangrik om hom deur die liedjie te vereer.” Maroela Media
-
Sielkundige fenomeen inspireer sanger
27/02/2026 Duración: 15min“Ek hoop dat ek deur die liedjie mense sal kan bewus maak van die seer wat hulle ervaar, en dat dit dalk tot die besluit sal lei dat hulle met iemand sal gaan praat en genesing soek.” Maroela Media
-
Vrouegroep samel geld in vir individue in nood
23/02/2026 Duración: 08min“Ons wou ʼn gemaklike, glansryke platform skep waar vroue van verskillende ouderdomsgroepe bymekaar kan kom, ʼn heerlike tyd kan hê en terselfdertyd ʼn verskil kan maak.” Maroela Media
-
Leah leef teaterdroom in nuwe musiekvideo
23/02/2026 Duración: 08min“Ek wou nog altyd ʼn musiekvideo in ʼn teater skiet.” Maroela Media
-
Dié stoele se stories moet vertel word
19/02/2026 Duración: 16minSy het al bykans duisend Transvaalse meubelstukke opgespoor, maar glo daar is nog juwele wat ontdek moet word. Maroela Media
-
Musikant Dani Villé skryf eerlik oor vriendskap
16/02/2026 Duración: 06min“Met ʼn terugblik op die vriendskap het ek egter besef dat sy eintlik baie selfbewus was, en dit het vir my voorgekom asof sy baie omgegee het vir haar beeld en met wie sy vriende was.” Maroela Media
-
Pa-en-dogter-liefde inspireer Prop se nuwe treffer
13/02/2026 Duración: 08min“Ek het dit aanvanklik as ʼn liefdesbrief aan my dogter geskryf.” Maroela Media
-
Duo sing vir broodwinners in buiteland
12/02/2026 Duración: 07min“Ons land is in ʼn situasie waar boere oorsee moet gaan werk om te oorleef, terwyl dit dalk nooit die plan was nie.” Maroela Media
-
Liefdesliedjie op skrywerskamp gebore
09/02/2026 Duración: 09min“Alles vir ʼn oomblik” is nie jou deursnee-liefdesliedjie nie, aangesien dit ʼn mengsel van angstigheid en positiwiteit oor die liefde bevat. Maroela Media
-
Sangersvriende sing oor Groot Trek
06/02/2026 Duración: 08min“Ek weet nie of kinders nog baie oor die Groot Trek op skool leer nie, so kom ons sing daaroor.” Maroela Media
-
Jakkie Louw wil vir jou kinders stories vertel
06/02/2026 Duración: 08min“Daar is te min nuwe Afrikaanse stories vir kinders. Ek het ʼn lekker klomp stories wat nooit gaan opraak nie.” Maroela Media