Hrco Potgooi Preke
BO ALLES DIEN DIE HERE!
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 0:44:26
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
Hierdie laaste paar maande voel soos 'n wipwa rit van uitgelate vreugdevolle hoogtes, en dreigende onheilspellende laagtes! Na jare se pogings, begin dit voel of ons gemeenskap stadig maar seker nader aan mekaar beweeg, soos ook met die onlangse Ramskop Natuurtuin heropening en opgradering te danke aan DANKIE LOTTOLAND se belegging in ons dorp. Ons glo hulle het moontlik iets gesien wat ons lankal nie meer raakgesien het nie: hier woon wonderlike mense in Clanwilliam! #BloomingAmazingMense Ek dink aan die honderd en vyftien kindertjies wat vyf dae 'n week 'n voedsame ete kry as gevolg van 'n anonieme vermoënde man se maandelikse kontribusie, al voel dit soos 'n druppel in die emmer in die lig van die nuutste syfers wat ons met ons SAFERKIDS samesprekinge verkry het. Minstens 150 kinders onder 12jr oud in ons dorp, gaan nie meer skool nie, en dwaal honger in ons strate rond. Ek sit ek en kyk in die moedige oë van 'n kleuterskool onderwyseres Maryke Davids in ons Ubuntu ECD in Citru