Gereformeerde Kerk Graaff-reinet

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 55:55:26
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet: Geloof, Gawes, Gedrag. Preke en ander klankopnames.

Episodios

  • Jak. 1:12| Jakobus Reeks: Die seën en sukses van 'n gelowige

    16/10/2023 Duración: 34min

    (1) Die Here se definisie van 'n geseënde is een wat volhard in versoeking en (2) Sy definisie van sukses is om die oorwinningskrans te ontvang! https://youtu.be/g2eQ0RtyNBo

  • Mark. 3:2,5| Die verharde hart

    02/10/2023 Duración: 33min

    Ons sien (1) die simptome van trotse godsdienstiges se verharde harte en ook (2) die sagte hart van ons Here Jesus Christus. https://youtube.com/live/kPTEwJdNA8Q 

  • Sag. 8:19,23| Geloof gaan sit nie sommer net in jou klere nie...!

    26/09/2023 Duración: 35min

    Profeet Sagaria sien in aantal gesigte dat die Here se volk uit ballingskap sal terugkeer en dat die stad Jerusalem en die tempel weer herstel sal word... 'n baie wonderlike tyd, wat ook tot gevolg sal hê 'n tyd van blydskap en vrede... En tog... tipies die liggelowige volk van die Here is daar nog soveel vrae, soveel twyfel! Omdat hulle die 'onmoontlike' letterlik uit die godsdiens gehaal het en daarom alles vir hulle (die volk) 'onmoontlik' lyk...  en sou dit ook kon beteken dat dit vir God onmoontlik moet wees (6)... ? Hy is tog immers God die Almagtige! Hy is hartstogtelik 'begaan' (2) oor hulle. Hoeveel keer moet Hy dit nog herhaal? Sy teenwoordigheid hier in Jerusalem (3) beteken juis genade en deernis. Sodat hulle kan weet: swaarmoedige vasdae gaan nou in wonderlike feesdae verander...! ... En dis dan juis daardie besondere iets wat die innerlike, harte gaan verander... en nie sommer net iets wat uiterlik in jou klere gaan bly sit nie... ! https://youtube.com/live/Kv7KiaSqBPI 

  • Fil. 1:20b-24 | ... om te lewe, of... om nie te lewe nie..!

    18/09/2023 Duración: 35min

    Die geheim van die lewe. Wat is dit? Beteken dit dalk iets soos om suksesvol te wees wat my beroep aanbetref, goeie finansiële sukses te behaal of 'n goeie sosiale lewe of gesinslewe te geniet... of anders gestel, om so 'voluit' te lewe en op einde te kan sê, dit was alles die moeite werd...? Vraag is: Kan dit as die 'geheim van die lewe' beskryf word as dit alles net tydelik van aard is? Ons kan eers werklik van 'lewe' praat as dit soveel meer is as bogenoemde. Soos die ewige lewe. Paulus verduidelik en sê dis daardie lewe saam met Jesus wat nie vasgebind (teks: 'vasgeketting') kan word aan die tydelike dinge en omstandighede van hierdie wêreld nie... In ons teks bevind hy homself nogals in 'n 'dilemma' - moet hy hier op aarde bly en vir die Here werk... Of sal dit beter wees as hy gaan en hy dan by die Here is...? Genadiglik vir hom en ons almal, is dit iets waaroor die Here sal besluit... Eers as ek dit so sien begin hierdie lewe regtig vir my sin maak en kan ek ook uitsien na die ander lewe hierna.... en

  • Jak. 1:9-11| Jakobus Reeks: Die arme en ryke se versoeking en trots

    11/09/2023 Duración: 26min

    (1) Die arm man se versoeking en trots en die (2) die ryk man se versoeking en trots.   https://youtu.be/Kk9bJ5XXupk 

  • Ps. 31:6,15-16: Psalms, Boek 1-Reeks: Die liturgie van 'n sterwende man

    04/09/2023 Duración: 29min

    My (1) gees en (2) tye is in die Here se hande!   https://youtube.com/live/t5CrtTQXnHA 

  • Jak. 1:5-8| Jakobus Reeks: "Wat is die regte ding om te doen?!"

    28/08/2023 Duración: 29min

    (1) Die behoefte in tye van versoeking is dat ons nie weet wat ons moet doen nie en Jakobus gee dan (2) die oplossing, (3) 'n pragtige belofte en (4) 'n belangrike kwalifikasie   https://youtube.com/live/HBGutRJjIIc 

  • Ps. 30:3,7-8| Psalms, Boek 1-Reeks: Die Here maak ons gesond

    21/08/2023 Duración: 35min

    (1) Die Here verdruk ons soms as ons onbesorgd geraak het, maar (2) Hy kan ons ook weer gesond maak.   https://youtube.com/live/jsTqyHnVm0s 

  • Jak. 1:1-4| Jakobus Reeks: Ontwikkel in volharding wanneer jy versoek word

    14/08/2023 Duración: 24min

    (1) Jakobus wys vir ons egte Christenskap in aksie en (2) hoe ons versoekings met vreugde tegemoet mag gaan en (3) ook moet ontwikkel in ons volharding.   https://youtube.com/live/j3X2H7Kl8Zk 

  • Ps. 29| Psalms, Boek 1-Reeks: Gee eer aan God!

    31/07/2023 Duración: 24min

    (1) Gee eer aan die Here in die hoë hemel en (2) op aarde en (3) in Sy huis!   https://youtube.com/live/MzaNR_tHWf0 

  • Apostolicum Art. 12; 1 Tim. 6:12b| Wat glo ek? Reeks: Ek glo ek sal vir ewig lewe

    31/07/2023 Duración: 27min

    Ek glo (1) dat ek vir ewig sal lewe en (2) dat ek ook nóú die ewige lewe moet gryp! https://youtube.com/live/k_GolgtnW7Y  

  • Ps. 28:1,2| Psalms, Boek 1-Reeks: As die Here stil is

    18/07/2023 Duración: 27min

    (1) Ons roep die Here, (2) met leë hande   https://youtube.com/live/WabYnACHpz8 

  • Apostolicum Art. 11; Job 19:25-27| Wat glo ek? Reeks: Ek glo dat my liggaam eendag opgewek sal word

    10/07/2023 Duración: 27min

    Ek glo (1) dat my siel na my dood by die Here Jesus is en (2) dat Hy ook my liggaam sal opwek https://youtube.com/live/nsTpOebHe-k 

  • Spr. 29:25| Vrees vir mense: die Here se antwoord

    03/07/2023 Duración: 27min

    (1) Vrees vir mense maak ons paniekerig oor diefisiese of geestelike "straf" wat mense kan toedien,(2) maar die Here bevry ons van hierdie vrees wanneer ons Hom vertrou en vrees.   https://youtube.com/live/U3RyjT4fklc 

  • Apostolicum Art. 10; 1 Joh. 1:8,9| Wat glo ek? Reeks: Ek glo my sondes kan vergewe word

    28/06/2023 Duración: 24min

    Ek erken (1) dat ek sonde doen en (2) ek glo dat God my sondes kan vergewe!   https://youtube.com/live/Ueh-uUtEW0Q 

  • Ps. 27| Psalms, Boek 1-Reeks: Lesse van vertroue in tye van sekerheid en onsekerheid

    28/06/2023 Duración: 28min

    (1) In tye van sekerheid leer ons om nie selfversekerd te wees nie, maar ons sekuriteit in die Here te vind en die lieflikhede van die Here te kerheid leer ons om Sy aanskou. (2) In tye van onse teenwoordigheid te soek en te wag op die Here.   https://youtube.com/live/Ueh-uUtEW0Q 

  • Apostolicum Art. 9 & Mattheus 16:16-18| Wat glo ek? Reeks: Ek glo aan die Christelike kerk

    13/06/2023 Duración: 29min

    Ek glo aan (1) een, (2) heilige, (3) algemene Christelike kerk, (4) die gemeenskap van die heiliges.    https://youtube.com/live/N39vx5JVcOc 

  • Ps. 26| Psalms, Boek 1 - Reeks: Die gelyk grond waarop ek die Here aanbid

    13/06/2023 Duración: 25min

    Wanneer mense nie ons onskuld kan of wil insien nie, dan is dit (1) die goedertierenheid van God, (2) gehoorsame geselskap en (3) getroue godsdiens wat die grond onder ons voete gelykmaak.   https://youtube.com/live/c6FbdCZGTfg 

  • Apostolicum Art. 8; Eseg. 36:25-27; Joh. 16:5-15| Wat glo ek? Reeks: Ek glo in die Heilige Gees

    29/05/2023 Duración: 33min

    (1) Ek glo in die gestuurde Gees van God, wat persoonlik en heilig is (2) om ons te transformeer, te oortuig, te lei en Christus te verheerlik   https://youtube.com/live/-sGCtahvLc0 

página 5 de 5