Sinopsis
Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet: Geloof, Gawes, Gedrag. Preke en ander klankopnames.
Episodios
-
Titus 1:1-4 Die hoop op die ewige lewe: God se nuwe mensdom se nuwe lewensfondament.
29/04/2025 Duración: 42min -
Titus 1:1-4 Jesus se ware gelowige Kerk: Haar identiteit, oorsprong, en verlossing.
31/03/2025 Duración: 44min -
-
-
2 Konings 1:1-18 Die jaloerse God, die onoorwinlike God, en die genadige God.
10/03/2025 Duración: 41min -
-
1 Konings 21:1-16. Nabot se lewe en sterwe: Die lering, hoop en troos daarin.
12/02/2025 Duración: 46min -
-
-
1 Konings 20:1-30| : In Agab se krisis: Lesse oor die HERE. Wat maak jy daarmee?
20/01/2025 Duración: 45min -
-
-
1 Konings 19:01-18 | Na Karmel: Elia se moedeloosheid. Daar binne is die HERE sy Berader.
30/12/2024 Duración: 48min -
1 Konings 18:40-46
23/12/2024 Duración: 43minhttps://www.youtube.com/live/Dr_W8_9D5-8?si=zqIIsWuSQetj18xl
-
1 Konings 18:1-19 | Ons lewe in 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvaligheid.
09/12/2024 Duración: 47minhttps://youtube.com/live/GrZ75XeDkBc
-
Numeri 21:5| God is die bepaler van ons lewenspad, dit moet in geloofsgehoorsaamheid gevolg word.
26/08/2024 Duración: 21minWaarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag. Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.” Daarom is die “waarom vraag” van Israel so groot stuk ondankbaarheid. Dit is geen wonder dat die HERE in felheid teen die ondankbaarheid van Israel reageer nie. Hy stuur giftige slange wat die volk pik en baie Israeliete sterf. Dan besef die volk hulle sonde en bely dat hulle teen die HERE gesondig het. Die slang moes dus wys op God se genade en liefde. So alleen kon die slang heenwys na die komende Christus. Wanneer Christus kom, verbind Hy die verlossende genade van die HERE aan dit wat destyds gebeur het in die woestyn. Hy sȇ in Johannes 3:14 “Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so
-
Psalm 68:6| ...jou eerste en laaste woorde... ooit!
26/08/2024 Duración: 33minEk en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons gemaak het... dis immers die eerste persone wat oor ons gebuig het en met wie ons in kontak gekom het. Maar daar was toe ook alreeds n ander Persoon teenwoordig wat oor ons 'gebuig' het en Homself oor ons ontferm het - ons Hemelse Vader! Iemand wat permanent na my gaan omsien... Vraag is: Hoe ervaar ek Hom as Vader in my lewe? Dat hy oor my buig? En na my omsien? Dat Hy die eerste naam op my lippe moet wees as ek alleen is of in nood verkeer... Herken en erken ek Hom as dié Vader van my lewe? Onthou: Hy het as Vader opgetree en ons (weeskinders) Syne gemaak toe Hy sy Seun Jesus na hierdie wereld gestuur het... Hy Jesus, Vader-verlate aan die kruis gesterf sodat ons as
-
2 Timoteus 4:6-8| Die HERE los die geloofsworstelaar in sy hinderniswedloop af en gee aan hom die ewige lewe.
26/08/2024 Duración: 23minDie dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms. Verlede : Sy lewe wat verby is. Hede : Die dood wat naby is. Toekoms : Sy lewe in die hiernamaals. VERLEDE : SY LEWE WAT VERBY IS. In vers 7 vat Paulus sy lewe saam in drie kort sinne : Ek het die goeie wedloop afgelê (1983) - Ek het die goeie stryd gestry (2020) Ek het die wenstreep bereik (1983) - Ek het die wedloop voltooi (2020) Ek het gelowig end-uit volgehou (1983) – Ek het die geloof behou (2020) DIE HEDE : DIE DOOD WAT NABY IS: Hoe moet ‘n gelowige sy dood sien? Paulus gebruik in vers 6 twee pragtige beelde om sy eie dood te beskryf: “Want ek word reeds as drankoffer uitgegiet” en “Die tyd van my dood is naby” TOEKOMS Paulus skryf in vers 8 met blydskap oor die lewe anderkant die graf. Daar staan: “Nou wag d