Hrco Potgooi Preke

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 244:12:30
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Commanded to Love Commissioned to GoBeveel om lief te hê, afgevaardig om uit te reikHarvester vervul die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)

Episodios

  • Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander?

    25/08/2024 Duración: 49min

    #3 Hoe het die Saligsprekinge die Wêreld Verander?

  • Hoe om toksiese mense met liefde te neutraliseer

    18/08/2024 Duración: 47min

    Ons almal ken die natuurlike neiging: As iemand jou seermaak, wil jy terugseermaak. As iemand onreg teenoor jou pleeg, wil jy geregtigheid hê. Dis hoe die wêreld werk—daar is 'n sterk gevoel van "oog vir 'n oog." Maar Jesus kom en stel 'n totaal ander beginsel voor: Liefde vir jou vyand. Hoe radikaal is dit nie? Jesus sê in Matteus 5:44: "Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê, en bid vir dié wat julle vervolg." Hierin lê die grootste geheim tot oorwinning oor die bose. Dis nie deur wraak, geweld of verwydering nie, maar deur liefde. Notas: www.harvestercederberg.co.za/hoe-om-toksiese-mense-met-liefde-te-neutraliseer/

  • Die een karakter eienskap waarsonder ons samelewing nie kan bestaan nie - BETROUBAARHEID

    11/08/2024 Duración: 49min

    Jesus se benadering is eenvoudig: Heilig die mens-tot-mens, van aangesig-tot-aangesig interaksie. Elke mens wat in die beeld van God geskape is kyk mekaar in die oë en onderhandel met mekaar totdat 'n ooreenkoms bereik is - dan word daar 'n besluit geneem wat vir elkeen wederkerig reg en waar is. Hierdie interaksie is heilig en bindend! "Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose." (Mat 5:33-37)

  • #7 Vraatsug - DISSIPLINE

    04/08/2024 Duración: 47min

    Die liggaam is soos 'n ongetemde dier: Ons moet leer om elkeen ons eie liggame te leer ken, sy seine en siklusse te verstaan, en soos 'n sportsman/vrou onsself te ontwikkel om voluit in Sy volheid die potensiaal wat die Here ons gegee het te ontsluit. Ons het ALMAL by ’n sekere lekker-eet-geleentheid te veel voedsel verorber!! BRASSERY!! Maar vraatsug kan ’n lewenstyl raak, en sodoende ’n mens geheel en al immobiliseer om jou gegewe potentiaal te bereik! Kom ondek saam met ons die subtiele plan van satan om ons gevange te hou met leuens en misleiding. www.harvestercederberg.co.za/7-vraatsug-dissipline/ #7DodelikeSondes #Vraatsug #Gulsigheid #Verslawing #Alkoholisme #Vetsug

  • #6 Wellus - Heilige Intimiteit

    29/07/2024 Duración: 53min

    'n Mens sou dink dat, met die samelewing se tegnologiese vooruitgang en toegang tot meer inligting en hulpbronne as ooit tevore, ons seksuele immoraliteit sou kon beheer deur beter ingeligte besluite te neem. Maar die teendeel is waar – seksuele immoraliteit neem drasties toe!'n bad sonder die propWat my die meeste verras oor die mensdom, is dat ons verveeld raak met ons kinderjare en haastig is om groot te word, om dan wanneer ons oud is weer verlang om kinders te wees. Dat ons in die proses om geld te maak ons gesondheid verloor om dan weer al ons geld spandeer om weer gesond te word. Dat ons lewe asof ons nooit sal sterf nie en sterf asof ons nooit geleef het nie. https://www.harvestercederberg.co.za/wellus-heilige.../

  • #5 Woede - SELFBEHEERSING

    21/07/2024 Duración: 55min

    #5 Woede - SELFBEHEERSING Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding en gereelde woedeuitbarstings verander die huis wat bedoel is as ʼn plek van veiligheid in ʼn oorlogsveld. Ons is meestal negatief ingestel teenoor enige vorm van woede. As iemand sy of haar stem verhef, begin ons dadelik om onsself te verdedig of in ons dop te kruip. Die wêreld se stoompot van woede bly aan die oorkook en ons lees al meer van geweldsmisdaad, padwoede, passiemoord en geweld teen kinders. Kom word in hierdie preek bemagtig om deur die Gees van SY GENADE SELFBEHEERSING te ontvang om jou woede reg te kanaliseer. Webjoernale vir meer INLIGTING https://www.harvestercederberg.co.za/... https://diebestelewe.co.za/afrikaanse...

  • #4 Hebsug - Vergenoegdheid

    15/07/2024 Duración: 45min

    Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17) Die realiteit van die lewe toon, dat almal nie eerste kan wees nie... die vraag is kan jy vrede maak om tweede aangewys te word – en te aanvaar dit is die wil van God? Wanneer iemand naby jou bevorder word, word die ware aard van die vriendskap blootgelê. Wat is jou onmiddellike reaksie? Is dit een van oorstelpte vreugde of diep ongelukkigheid of weerwraak? https://www.harvestercederberg.co.za/...

  • 7 Dodelike Sondes - #3 Luiheid - Pligsgetrouheid

    08/07/2024 Duración: 42min

    Luiheid is soos 'n parasitiese kanker wat moderne mense verlam, met 'n voorliefde vir toenemende gerief en luuksheid. Moderne geriewe en tegnologie, bedoel om take te vereenvoudig en fisiese arbeid te verminder, lei dikwels tot inaktiwiteit. Soos samelewings gewoond raak aan gerief en luuksheid, ontwikkel mense 'n afkeer teen pyn en handearbeid. Dit verminder veerkragtigheid en werkvermoë, wat ons toenemend afhanklik maak van tegnologie. Ironies genoeg raak ons tegnologie slimmer terwyl ons menslike vermoëns verswak. #Luiheid #Pligsgetrou #Pligsbesef Besoek gerus ons nuwe Webtuiste!!! https://www.harvestercederberg.co.za/...

  • 7 Dodelike Sondes Reeks - GIERIGHEID - VRYGEWIGHEID

    30/06/2024 Duración: 51min

    Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie. Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewigheid! Kom saam met ons op 'n innerlike reis met die hulp van die Heilige Gees en die Woord van God. Laat ons ons harte was en reinig van alle geheime sondes wat ons lewens verwronge en donker maak.

  • 7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

    23/06/2024 Duración: 46min

    Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin! Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID Gierigheid (Greed) VRYGEWIGHEID Afguns (Envy) VERGENOEGDHEID Luiheid (Sloth) TOEWYDING Woede (Wrath) SELFBEHEERSING Wellus (Lust) DANKBAARHEID Gulsigheid (Gluttony) SOBERHEID Hierdie week begin ons met HOOGMOED: https://hrco.co.za/preke/7-dodelike-s...

  • 'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

    16/06/2024 Duración: 58min

    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om ’n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrik

  • 8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe

    09/06/2024 Duración: 43min

    ’n Gesonde lewe behels gesonde gewoontes! Ons sien in Jesus se lewe die perfekte balans om na liggaam, siel en gees gesond te wees, en God daardeur te verheerlik. Soos die bestandele in ’n sop is hierdie 8 fokus areas van wesenlike belang om gesond te wees en te bly. 1 Skakeling - Verhouding met God, self en naaste2 Oefening - Wat ons nie gebruik nie verloor ons 3 Rus - Slaap, afskakel, middagslapie 4 Voeding - Jy is wat jy eet5 Werk - Ledigheid is satan se oorkussing6 Leer - Bly voortdurend nuwe dinge bemeester7 Gee - Help en gee van jouself vir ander8 Speel - Geniet die lewe en ontspanhttps://hrco.co.za/preke/8-bestandele-vir-n-gesonde-lewe/

  • Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike

    02/06/2024 Duración: 54min

    Die heerlikheid van die mens vergaan soos politieke partye kom en gaan… maar die heerlikheid van Christus IN en ONDER ons wat Hy deur Sy Gees in ons harte uitgestort het… kan nie vergaan nie!! Dit is die KRAG en WONDER van die NT Evangelie “goeie nuus” boodskap! Jesus die Hoop op heerlikheid. (Col 1:27) Hierdie koninkryk se heerlikheid kan nie geskud word nie (Heb 12:24) inteendeel die kom juis tot Sy volheid in swaarky en lyding. (2 Cor 4:17-18) Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee (Joh 17:22) KOM HIERDIE SONDAG EN DEEL JOU GETUIENIS en WORD VERSTERK DEUR ANDER SE STORIES VAN GOD SE HEERLIKHEID IN en ONDER ONS!! Notas: https://hrco.co.za/preke/sy-heerlikheid-in-aardse-kruike/#Fadingglory #EternalGlory #ChristWithin #JesusChrist

  • Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe

    28/05/2024 Duración: 34min

    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe. Ons innerlike lewe is 'n weerspieëling van ons verhouding met God en beïnvloed hoe ons die eksterne wêreld hanteer. Deur te fokus op aspekte soos selfgesprek, gesonde Christus gesentreerde selfbeeld, teenwoordigheid van gees, God-Binne-My-bewussyn, die gawes van die Gees, die vrug van die Gees kan ons 'n gesonde innerlike lewe kweek wat God verheerlik en ander seën. #InnerLife #ChirstWithin Notas: https://hrco.co.za/preke/die-innerlik...

  • God se droom oor die HEMEL

    19/05/2024 Duración: 48min

    Ons begeerte na die hemel, is meestal met 'n lens van, wat is in dit vir my? Gaan dit lekker wees? Pyn vrye sondelose bestaan klink mos immers hemels! Tog is dit duidelik dat die Hemel die kulminasie is van God se storie met die mens. En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees. (Lev 26:11-12) En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle vir my ’n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. (Ezek 37:27–28). Skakel gerus in, om die laaste van hierdie reeks oor die HEMEL te luister. Preek Notas: https://hrco.co.za/preke/god-se-droom...#Hemel #Heaven #eternity #Hiernamaals #LifeAfterDeath #afterlife

  • DIE RESTORASIE VAN ALLE DINGE

    14/05/2024 Duración: 32min

    Ons lewe in ’n wêreld van toenemende wanhoop!! Ons jongmense het nie iets konkreet positief waarna hulle kan uitsien nie: Aardverwarming, Populasie aanwas, Ekonomiese uitdagings, politieke onsekerheid, wêreldkonflik laat mense sonder HOOP! Ons sien hierdie tragiese realiteit in die toenemende hoeveelheid mense wat selfmoord pleeg, en die gebruik van antidepresante! JESUS KONDIG ’n VOLKOME NUWE RESOURASIE AAN!! DIe herskepping en wedergeboorte van alle dinge - ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde! Hoe lyk die Hemel, wat sal ons daar doen, wie sal ons daar ontmoet? Hoe weet ons dat hierdie boodskap nie net 'n godsdienstige fabel is nie? Kom vind uit!! HY MAAK ALLES NUUT https://hrco.co.za/sermons/the-restor...#Heaven #HeavenIsReal #New #Restoration

  • Die HEMEL is 'n werklikheid

    05/05/2024 Duración: 45min

    ’n Nuwe wetenskaplike studie van naby-dood ervarings BEWYS onteenseglik "daar is LEWE na die DOOD. (Evidence of the Afterlife | Largest NDE study reveals proof of life after death | The science of Near-Death Experiences | Jeffrey Long & Paul Perry). Van die 1300 mense wat aan die studie deelgeneem het is die volgende stories konsekwent waargeneem: 1. Buite-liggaamlike ervaring (BLE): Skeiding van bewussyn van die fisiese liggaam 2. Verhoogde sintuie 3. Intense en oor die algemeen positiewe emosies of gevoelens 4. Beweeg deur 'n tonnel 5. Ontmoet 'n mistieke of briljante lig 6. Ontmoet oorlede familielede of vriende (selfs diegene wat jy nie geweet het al dood is nie) 7. 'n Gevoel van verandering van tyd of ruimte 8. Lewensoorsig 9. Ontmoet onwêreldse (“hemelse”) wesens 10. Ontdek of leer spesiale kennis 11. Kom by 'n grenslyn of hindernis 12. 'n Terugkeer na die liggaam, óf vrywillig of onvrywillig Van hierdie persone was blind, ek kon tydens die ervaring hulle eie liggam

  • Gebede wat Beantwoord Word

    28/04/2024 Duración: 44min

    Die laaste tyd voel ek in my gees, ’n groter dringenheid om te bid. Ons beleef natuurlik ook meer nood en drama, en gevolglik roep ons die Here aan in hierdie tye van nood. Maar hoe beweeg ons van versoeke bid tot die Here tot praklamasies en dade waar ons een is met die Here om Sy wil te doen? Gebede dus wat beantwoord word! Luister na hierdie boodskap as jy jou gebedslewe wil vernuwe!

  • Work Through Your Pain

    15/04/2024 Duración: 31min

    Work Through Your Pain, or in other words, MATURE through your pain. Pain is not pleasant for anyone! No one human being is exempt from suffering the pain of all kinds of loss. Some numb the pain and ignore it, but then it only escalates and becomes bigger. "He sent a man before them— Joseph—who was sold as a slave. They hurt his feet with fetters, He was laid in irons. Until the time that his word came to pass, The word of the LORD tested him." Psalm 105:18 Joseph, as a type of Christ, shows us a path to not only work through our pain, but overcome it and use it to redeem others!

  • Redes hoekom ons altyd SELFVERTROUE in Christus kan hê.

    14/04/2024 Duración: 47min

    https://hrco.co.za/sermons/reasons-why-we-can-always-be-confident/

página 3 de 17