Sinopsis
Commanded to Love Commissioned to GoBeveel om lief te hê, afgevaardig om uit te reikHarvester vervul die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)
Episodios
-
Die toekoms van n gelowige
23/03/2025 Duración: 33minWat hou die toekoms vir ons in? Dis ’n vraag wat in hierdie tyd al hoe meer in ons harte opkom. Daar is vandag geen tekort aan doemprofete nie—mense wat voortdurend die einde van die wêreld aankondig. Soms, as ons luister na die chaos van die nuus, die verwarring van politieke ontleders, en die morele verval in die samelewing, vul ons harte met angs en onsekerheid. En dan wil die wêreld ons nog vertel hulle weet wat kom? Die sogenaamde “toekomsvoorspellers” kan nie eers ’n plaaslike verkiesing reg voorspel nie, maar wil namens ons hoop of wanhoop verkoop. In Rom 13:8-14 gee Paulus vir ons ’n padkaart na ’n vaste en seker hoop en toekomsverwagting. Luister gerus hierdie boodskap om jou siel te versterk in Christus Jesus ons Here!
-
Praktiese maniere om God se stem te onderskei
09/03/2025 Duración: 40min'n era van internet soek enjins en AI maak ons nog tyd om God te raadpleeg? Vra ons na Sy Raad? Soek ons Sy wil? Hoor ons Sy stem? Om God se stem te hoor en te herken, is ’n kernonderwerp in byna elke kerk wêreldwyd. Ten spyte van ons verskille, is dit die diepste rede hoekom ons kerk toe kom—ons begeer om God se wil vir ons lewens te verstaan. Ons wil Hom beter leer ken, Sy hart begryp, en self Sy stem hoor! Dit is nie net ’n aspek van geloof nie, maar die hartklop en middelpunt van ons bestaan as kerk. Vir die wat ORE HET OM TE HOOR hier volg ’n paar praktiese maniere om God se stem te onderskei, in ’n wêreld van te veel stemme en geraas.
-
OM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS
16/02/2025 Duración: 44minOM TE BEHOORT AAN DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS“Ordinary Radicals” The Church needs to do three things right to have lasting cultural impact: BELIEF - BELONG - BEHAVIOR. Hoe vaar ons in hierdie snelbewegende inligtingsera om mense te laat voel dat hulle werklik behoort? Het ons dalk die kuns verloor om ‘n diep, betekenisvolle gemeenskap te skep? Sonder ‘n egte gevoel van behoort, bly geloof dikwels abstrak en intellektueel, en mense sukkel om ‘n werklike transformasie in Christus te ervaar. Behoort is nie ‘n bysaak nie—dit is die konteks waarin dissipelskap, groei en geestelike verandering plaasvind. HERE BOU U KERK!!!
-
Teruggeval, afgedwaal, moeg geraak in die wedloop van die geloof?
09/02/2025 Duración: 44minDRAAI VANDAG TERUG NA DIE HERE!Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir 25 jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—op elke moontlike manier, vanuit gebroke kruike. Ons sien vrug, daar is sukses, maar steeds bly so baie mense koud en ongevoelig teenoor die geloof. Dit bly ‘n diepe hartseer en ‘n roepe tot aanhou bid en werk.Ek word egter bemoedig deur die Woord, wat my herinner dat hierdie teenstand niks nuuts is nie. Selfs die Volmaakte Een, Jesus die Heilige, is deur mense verwerp. As hulle Hom, die Lig van die wêreld, nie wou aanvaar nie, hoe veel meer sal ons weerstand ervaar? Tog weet ek: Sy Woord keer nooit leeg terug nie.Kom ons kyk na die redes wat die mense aangevoer het, hoekom hulle nie glo nie, en selfs die wat eens gegl
-
Ek kyk op na die berge
02/02/2025 Duración: 32minEk kyk op na die berge Kom my hulp daarvandaan? Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het. Psalm 121:1-2 Hou jy ook daarvan om op 'n hoogte, 'n berg te gaan sit en die uitsig te bewonder? Sedert die begin van menslike geskiedenis het berge ‘n simboliese betekenis gedra van mag, gesag en die woning van die gode. Van die hoë pieke van die Himalajas tot die piramides van antieke beskawings, het die mens natuurlik hoë plekke geassosieer met geestelike verheffing, transendensie en nabyheid aan die gode. Ondek in hierdie preek hoe Jesus God se berg van heerskappy in ons harte oprig!! #oorwinning #deurbrake #geloof #NuweHoogtes
-
Herontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG.
26/01/2025 Duración: 35minHerontdek die KUNS om te WAG - Die geheim tot Sy KRAG. Die meeste mense hou glad nie van wag nie. Geestelike mense, daarenteen, is geoefen in 'n houding van geduldige afwagting op die Here. Hulle leer om in afhanklikheid te wag totdat Hy die teken gee, en beweeg dan met oortuiging en krag in Sy wil en tydsberekening. #oorwin #Sukses #akkuraatheid #Heiligmaking #Ootmoed #meekness
-
Hoe Lyk die Tuin van Jou Hart?
12/01/2025 Duración: 41minHoe Lyk die Tuin van Jou Hart? Een van die grootste misleidings in die lewe is om so besig te raak met dinge wat onbelangrik is, maar skynbaar dringend lyk, dat ons die werklik belangrike aspekte van die lewe verwaarloos. Neem byvoorbeeld die opvoeding van kinders—dit behoort die nommer een prioriteit te wees vir regerings en sakelui, aangesien dit die fondament van ons samelewing en toekoms vorm. Tog staan dit in die meeste gevalle laaste op die lys van belangrikheid. Kyk maar net na hoe en waar geld gespandeer word. Jesus se hele bediening is gefokus op die hart—die kern van wie ons is, die bron van ons denke, gevoelens en keuses. Tog is ons as samelewing geneig om ons fokus op die intellek te plaas. Ons spandeer die meeste van ons geld in kinder opvoeding op hulle intellekteule ontwikkeling! (Skool, universiteit en akademiese prestasies) Verder belê ons groot bedrae geld in die versorging van ons liggame—of dit nou deur gesondheid, skoonheid of fisieke prestasie is—maar ons vergeet dikwels van die har
-
5 wesenlike vaardighede om te FLOREER in Christus
05/01/2025 Duración: 44min"The world has yet to see what God can do with a man fully consecrated to Him." Dwight L Moody Soos ons gereed maak vir 'n nuwe jaar, vol belofte en uitdagings, moet ons ons prioriteite eerste reg kry! Om te leef vanuit SY geregtigheid is die absolute deurbraak en oorwinning vir elke gelowige! Trotseer elke uitdaging, krisis, onsekerheid, donker boosheid in jou lewe IN SY GEREGTIGHEID! Ons gaan in hierdie preek 1 Johannes 2:1-15 bestudeer en oopbreek.
-
Laaste Samekoms in persoon van 2024! Vrolikheid | Vreugde | Blydskap Die beste ontspanning te wêreld IN CHRISTUS!
15/12/2024 Duración: 29minLast Gathering in person of 2024 ! “Cheerfulness” “Joy” “Gladness” The best relaxation in the world IS IN CHRIST! The Lord does not want us to serve Him like slaves without joy. (Deut 28:47) That is why the Jewish Calendar was filled with 7 festivals. God wants us to be able to celebrate! (Ezra 6:22) Who doesn't like PLEASURE and FUN? However, it is sad to see, how few people are "happy" and "stay" without tools like alcohol, drugs and wild parties!?! Children of the LORD have access to an inner source of “Joy” “Joy” “Gladness” in Christ, which helps us to see the silver lining in every dark cloud. #Vreugde #Pret #Plesier #Vrolikheid #Blydskap #Ekstase
-
#6 Breaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice.
01/12/2024 Duración: 42minBreaking down the barriers that prevent me from hearing God's voice. Our victory in this life begins with hearing God's voice. When we, like Jesus, just do and say what we hear from the Lord, we will never commit mistakes. The ability to listen deeply is becoming a lost art! In this sermon, learn how to break down the barriers that prevent you from hearing God's voice. Preeknotas:
-
#5 Leef in oorwinning- VAN SMEEKGEBEDE TOT PROFETIESE VERKLARINGS
24/11/2024 Duración: 43minGebede vanuit ‘n regeerders-posisie Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, ’n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer. Hy het wat God klaar vir Hom beveel het met geloof verklaar. Hierdie boodskap is ’n uitnodiging om jou gebedslewe te herkalibreer—van smeekgebede na kragtige verklarings, gebaseer op God se wil en beloftes. Hoe bid jy? As ’n bedelaar of as ’n mede-erfgenaam, kind van God? #Gebed #intersessie #oorwinning
-
#4 Leef in Oorwinning - 'n goddelike verbeelding
17/11/2024 Duración: 39minJesus het die mees ondenkbare lyding verduur, deurdat Hy alreeds die heerlikheid en oorwinning gesien het. Droom weer opnuut nuwe drome saam met die Here, en laat toe dat Hy jou verbeelding vernuwe en heilig om te sien wat Hy sien. Preek Notas: #geloof #sien #droom #openbaring #heerlikheid
-
Die Outoriteit van die Gelowige
03/11/2024 Duración: 46minDie kerk geskiedenis is ryk aan uitstaande geloofshelde wat nie net onverskrokke in God se roeping en woord geglo het nie, maar presidente en konings getrotseer het, en selfs regeringsbesluite help verander het. Dink aan William Wilberforce, Hans Hauge, David Livingstone, Moeder Sabrina en onlangse figure soos Reinhardt Bonke en Billy Graham. Die teendeel is ongelukkig ook waar, Christene is 'n reuse groot getal mense regoor die aarde, en die meeste wandel nie in die gesag en outoriteit wat die Here vir ons in Christus beskikbaar gestel het nie. Hierdie boodskap volg op die vorige twee boodskappe, want iemand wie se innerlike wêreld gesond is, en hom of haarself oefen in godsaligheid in die geestelike formering gimnasium sal wandel in die gesag wat God vir elkeen bestem het, volgens ons onderskeie roepings. Veral in 'n tyd soos hierdie is dit soveel te meer belangrik dat ons in Sy gesag sal lewe en wandel. Preeknotas:
-
#2 Geestelike Gimnasium
27/10/2024 Duración: 50minDeel 2 van die reeks oor LEEF IN OORWINNING Ons leef in ’n tyd met al hoe meer mense wat worstel met geestesgesondheidskwessies ten spyte van al die tegnologiese uitvindsels van die moderne wêreld. In hierdie boodskap beklemtoon Jan Oosthuizen die geestelike praktyke soos gebed, meditasie, gemeenskap en selfrefleksie, en nog baie meer wat volgens studies 'n beduidende afname in spanning en angs toon, terwyl dit terselfdertyd 'n verhoogde sin van betekenis en innerlike vrede bevorder. Kom sluit aan in God se GEESTELIKE GIMNASIUM vir geestelike groei.
-
#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn
20/10/2024 Duración: 51min#1 Leef in Oorwinning - 'n Jesus identiteit en bewussyn Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het. In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer en vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan. Hoe ons, ons HART bestuur en orden bepaal ons oorwinnning in die LEWE. Leer in hierdie boodskap die ranglys en prioriteite van hoe om jou innerlike wêreld te orden en in LYN te bring met die WIL van GOD. PreekNotas
-
Jesus, die Lig in ‘n donker werêld
29/09/2024 Duración: 54minChantál Oosthuizen bedien die Woord van die Here.“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”” JOHANNES 8:12 AFR83
-
Hoekom die regte vriende saak maak
22/09/2024 Duración: 01h01minHOEKOM DIE REGTE VRIENDE NOODSAAKLIK IS. Hoe om die regte vriende te maak en hulle te behou! Onlangs op ’n internasionale platform saam met Trevor Noah, het die bekende spreker en leierskap spesialis Simon Sinek verras met sy huidige fokus. Hy het beklemtoon hoe belangrik "die behoud van kwaliteit vriendskappe" vir hom geword het, veral namate sy lewe met roem besiger geword het. Wat verrassend was, is hoe hierdie prioriteit vir hom mettertyd gegroei het, eerder as om af te neem. Beide Trevor en Simon het benadruk dat dit ’n doelbewuste keuse vir hulle geword het om meer kwaliteit tyd met hul vriende deur te bring, ten spyte van hul besige skedules. Baie mense het oor die laaste tyd vriende verloor wat as gevolg van die uitdagings van die lewe vervaag het. Mag ons weer veg vir die behoud van die regte vriende!!
-
Die oorwinning wat die wêreld oorwin het - jou GELOOF
16/09/2024 Duración: 58minDit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4 Ons leef in ’n tyd van groot vertwyfeling en skeptisisme. Alles word bevraagteken – van ons geloofsoortuigings tot die basiese waarhede wat eens onwrikbaar was. Ons oorwinning in die lewe, oor sonde en omstandighede, is deur geloof. Om swak in geloof te wees, is dus 'n geleentheid vir sonde om in te sluip. Om 'n oorwinnende lewe op alle vlakke te leef, moet ons vol geloof bly. Geloof is 'n heilige oortuiging van 'n hemelse werklikheid.
-
Hoe om reg te oordeel
08/09/2024 Duración: 48minIn 'n wêreld vol misverstande, verskille en oppervlakkige aannames, het ons as Christene 'n verantwoordelikheid om anders te oordeel as wat die wêreld doen. Ons word geroep om met wysheid, regverdigheid en liefde te oordeel, en nie op grond van voorkoms of vinnige gevolgtrekkings nie. Jesus waarsku teen die gevare van oppervlakkige oordeel en daag ons uit om die hart en motiewe van mense te fynkam voordat ons moontlik 'n verkeerde oordeel vel. Daar is niks so sleg as om deur veral die mense wat jou die beste behoort te ken, verkeerd beoordeel te word. #oordeel #vooroordeel #verwerping #aanklag #klagtes Preek Notas:
-
“Die Here se definisie van Seën” #4 Bergpredikasie Reeks
01/09/2024 Duración: 44minDie wêreld dink hulle is geseënd as hulle iewers bietjie geld verniet kry, of ’n groot geskenk, ’n nuwe motor of huis bekom, of sukses, aansien of status verkry! Jesus het heeltemal ’n ander definisie van die seën van die Here! Kom leer vanoggend saam met Chantál Oosthuizen wat God as geseënd beskou, en word verryk met Sy genade en guns!! #Seën #Blessing #Genade #Guns #Waarheid